|
Aanwysings na Paarl Kantore |
 |
| Ons kantore in die Paarl is in die Standard Bank gebou in Lady Greystraat. Die adres is Lady Greystraat 45, maar die ingang na die gebou is in 'n stegie tussen Lady Greystraat en Newstraat, dit is meer gerieflik om 'agter' die gebou te parkeer aan die Newstraat kant. Die aanwysings hieronder verduidelik hoe om by die parkeerterrein en die gebou uit te kom. Die padkaarte kan in 'n aparte venster oopgemaak word. |
| »
Paarl Kantoor Aanwysings - Padkaarte |
| [Kliek op die pyltjies op die kaarte om meer detail te sien] |
 |
| Van Kaapstad, Worcester (N1): |
|
1. |
Van die N1 draai af op die R45,
dit word Hoofstraat in die
Paarl. Ry noordwaarts (Paarlberg
is aan jou linkerkant) verby
KWV, die Strooidakkerk tot by
die Toringkerk aan die
regterkant van die pad. Die
afstand van die N1 na die
Toringkerk is net minder as 5km. |
|
2. |
Ry stadig as jy die Toringkerk
sien; net na die kerk moet jy
regs draai, moenie verby ry nie,
want dan beland jy in Lady
Greystraat - en dan moet jy
omdraai en terug ry. |
|
3. |
Hierdie
pad draai weer links, volg dit
verby Economic Shoes en DeLuga's
Deli - aan die regterkant is 'n
groot parkeerterrein. Jy kan
hier parkeer. |
|
4. |
Die pad draai regs en die
Standard Bank gebou is aan die
linkerkant - regoor die Virgin
Active Gym. |
|
5. |
Aan die linkerkant van die
Standard Bank gebou is 'n stegie
wat deurloop na Lady Greystraat,
bokant die ingang van die stegie
hang 'n groot Spur banier. Die
ingang na die Standard Bank
gebou is in die stegie; GrainCo
se kantore is op die 3de Vloer,
daar is 'n interkom by die deur
om ons te skakel. |
 |
| Van Malmesbury, Wellington, ens: |
|
1. |
Ry in die R45 suidwaarts, dit
word Hoofstraat in die Paarl
(Paarlberg is aan jou
regterkant), tot by die robot by
die T-aansluiting met Lady
Greystraat (Total Sports is reg
oorkant). Van die R44 (die pad
van Wellington na Stellenbosch)
is dit ongeveer 9km tot by die
Lady Greystraat robot. |
|
2. |
Draai regs en dan weer links in
Hoofstraat (ja, dit is steeds
Hoofstraat, net 'n kort
onderbreking). |
|
3. |
'n Kort entjie verder is die
Toringkerk aan die linkerkant
van die pad; net voor die
Toringkerk is 'n pad links,
draai hier af. |
|
4. |
Hierdie pad draai weer links,
volg dit verby Economic Shoes en
DeLuga's Deli - aan die
regterkant is 'n groot
parkeerterrein. Jy kan hier
parkeer. |
|
5. |
Die pad draai regs en die
Standard Bank gebou is aan die
linkerkant - regoor die Virgin
Active Gym. |
|
6. |
Aan die linkerkant van die
Standard Bank gebou is 'n stegie
wat deurloop na Lady Greystraat,
bokant die ingang van die stegie
hang 'n groot Spur banier. Die
ingang na die Standard Bank
gebou is in die stegie; GrainCo
se kantore is op die 3de Vloer,
daar is 'n interkom by die deur
om ons te skakel. |
 |
  |