|
|
 |
 |
| Ons streef meedoënloos om
die beste te wees in die logistieke proses |
|
|
|
BKB
Logistiek |
 |
| In die
bestuursproses om kommoditeite te voorsien, vervoer
GrainCo honderde duisende tonne graan. GrainCo het ‘n
doeltreffende en lojale netwerk diensverskaffers wat ons
graan vervoer. Hierdie diensverskaffers is ‘n belangrike
vennoot in die proses om waarde toe te voeg vir ons
kliënte. |
| Dit is
bekend dat kleiner vervoerkontrakteurs – die wat een tot
drie vragmotors besit – nie die nodige infrastruktuur
het om GrainCo se groter kontrakte te ondersteun nie.
BKB Logistiek, ‘n afdeling van GrainCo, se doel is om
die kleiner vervoerkontrakteurs saam te groepeer onder
die vaandel van BKB Logistiek . BKB Logistiek bied aan
die kleiner kontrakteur die geleentheid vir GrainCo om
groter kontrakte namens hulle te onderhandel. Sodoende
kan kleiner kontrakteurs toegang kry tot groter volume
graankontrakte wat deur GrainCo aangebied word. |
| BKB
Logistiek versterk GrainCo se strewe om aan ons kliënte
uitmuntende logistieke diens aan te bied. |
 |
|
|
  |
|
 |
|
|