'n Nuwe begin in graanberging
Silobags
Die veilige opberging van graan teen kompeterende pryse was nog altyd ‘n uitdaging in die landbou sektor. Behalwe vir die risiko's van verlies en besmetting, is silos en ander massa opbergingsfasiliteite relatief duur. Die resultaat is dat opbergingskoste dikwels enige prysvoordeel neutraliseer. Silobags Africa het die silosak konsep na Suid Afrika ingevoer – ‘n pioniers opbergings metode teen kompeterende pryse. Ons voer graan hanterings tegnologie in van Argentinië, en voorsien die Suid Afrikaanse mark met die nuutste ontwikkelings in sakke, ‘chaser’-bakke, en verpakkings- en uittrekkingsmasjiene. Met ‘n toenemende mark aandeel in Afrika, kan Silobags Africa met trots aanspraak daarop dat ons ‘n vername uitvoerder van silosakke en toerusting na Afrika is.
Die innoverende stelsel bied aan:
 •  Lae opbergingskoste
 •  Oes en logistieke oplossings
 •  Verbetering van stoorkapasiteit
 •  Op die perseel/plaas opberging
 •  Optimum opspoorbaarheid
 •  Identifiseer bewaring van graan
 •  Biologiese pesbeheer deur anaërobiose, geen chemikalië word
    bygevoeg nie
 •  Geen ontkieming en lae risiko van insek besmetting
 •  Jy bepaal die hanteringskoste
 •  Laer vervoerkoste
 •  Beter kwaliteits en kwantiteits kontrole
Silobags Verspreiding
Ons voorsien produkte landwyd in Suid Afrika, Zambië, Namibië en Mosambiek.
Uittrekkingsmasjien
Die masjien werk basies deur die sak op te rol terwyl ‘n horisontale skroefboor binne die sak die graan optel.
Die sak word aan die top punt met ‘n skêr gesny en die graan word deur ‘n verlengde voedingswurm in die bak van die voertuig gestort.
 •  Maklike oorskakeling van vervoer na bedryfsposisie.
 •  Skroefboor kapasiteit van 200 ton per uur
 •  40 kW trekker met hidroliese stelsel
Verpakkingsmasjien EGS-900
 •  Eenvoudige lae onderhoud masjien
 •  Aangedryf deur klein tot medium trekker
 •  Aandrywing deur krag afvoer dryfas
 •  Maklike oorskakeling van vervoer na bedryfsposisie
 •  Verpakkings kapasiteit van 180-200 ton per uur met onafgebroke
     voorsiening van graan
 •  40kW trekker teen luierspoed
KONTAK ONS:
Tel: +27 21 _807 8900
Faks: +27 21 _872 6706
info@grainco.co.za
3de Vloer
Standardbank Gebou
Lady Greystraat 45
Paarl, 7646
Posbus 110
Paarl
7620
WEBBLAD VERTOON BESTE BY 1026 x 768.
Ontwikkel deur Blue Cape Media & Marketing.
© 2009 Kopiereg BKB GrainCo | Alle regte voorbehou.